PHILIDA
André P. Brink
ISBN: 9780798155212
Die meesleurende verhaal van ’n vrou se opstand teen die gruwels van slawerny in die ou Kaapkolonie, deur een van Suid-Afrika se grootste skrywers. Die storie is gegrond op ’n ware verhaal en Philida se eienaar, Cornelis Brink, was een van André P. Brink se voorsate. Dit begin waar die jong slavin Philida van Franschhoek af Stellenbosch toe stap om ’n klag teen haar baas by die Slawebeskermer in te dien. Brink, op wie se plaas sy grootgeword het, wil haar verkoop nadat sy vier kinders by sy seun, Frans, gehad het. Frans het belowe om haar vry te koop. Haar ongehoorde opstand kom haar duur te staan. Philida en haar kinders word in 1833 op ’n slaweveiling op Worcester verkoop. Die Britse regering stel kort daarna die slawe vry, maar Philida is vir vier jaar by haar nuwe eienaar ingeboek. Die swaarkry en vernedering van baie jare het haar egter gebrei en op ’n dag eien sy vir haarself vryheid toe. ’n Roman van verset, maar ook van bevryding.
R 388.38
Aflewering Ingesluit