ONS EIE KLEUTERBYBEL

ISBN: 9780796318541

Ons eie Kleuterbybel bied kinders die bekendste, mees geliefde Bybelverhale, met die besonderse illustrasies van Johann Strauss, een van Suid-Afrika se voorste illustreerders. Dié verhale strek vanaf die Skepping tot die belofte van die nuwe hemel en die nuwe aarde. Dit is ’n onontbeerlike toevoeging tot jong kinders se geloofsvorming en sal ’n kosbare skat in elke huishouding word. Dié klassieke Afrikaanse Kleuterbybel is nou weer verkrygbaar in ’n vars nuwe baadjie.

R 232.02
Aflewering Ingesluit