KLASSIEK REEKS: HIERDIE LEWE

ISBN: 9780798142847

CNA-prys (1994) Hertzogprys vir prosa (1995) ’n Verbeeldingryke roman waarin Karel Schoeman weer die Suid-Afrikaanse verlede as tema gebruik. Die milieu is die Roggeveld, ’n streek wat tot dusver min aandag in die Suid-Afrikaanse letterkunde gekry het. In die verhaal oor die wel en wee van vier generasies van ’n boeregesin oor ’n tydperk van bykans honderd jaar word die omwenteling weergegee wat in die loop van die negentiende eeu op die Suid-Afrikaanse platteland en in die Afrikaner-samelewing voltrek is. Hierdie lewe was die eerste van drie romans in die skrywer se reeks Stemme. Dit word gevolg deur Die uur van die engel en Verliesfontein.
R 242.11
Aflewering Ingesluit