KLASSIEK REEKS: AMBASSADEUR

ISBN: 9780798145725

’n Heruitgawe van ’n klassieke roman deur een van die groot skrywers in Afrikaans. Die eerste uitgawe in 1963 het ’n opskudding in die Afrikaanse gemeenskap veroorsaak, oor wat toe as “dekadensie” beskou is. Die verhaal speel hoofsaaklik af in Parys, die stad van romantiek – en tragiek. Die Suid-Afrikaanse ambassadeur, Paul van Heerden, raak betrokke in ’n verhouding met ’n meisie “van losse sedes” – ’n verhouding waarin hy algaande alles van hom moet afstroop wat vroeër waardevol was. Hy bevind hom in die apartheidsjare in ’n persoonlike krisis so fel soos die politieke krisis. Dit word ’n stryd om menslike vryheid, ’n worsteling met die probleem van sonde, en uiteindelik ’n keuse tussen hemel en hel.
R 292.54
Aflewering Ingesluit