FEES VAN DIE ONGENOOIDES 2009 ED

ISBN: 9780624048374

ATKV-prosaprys (2009) Helgaard Steyn-prys (2012) ’n Onvergeetlike roman oor die Anglo-Boereoorlog. Deur elkeen van die Van Wyks en hul bywoners, die Minters, verweef P.G. du Plessis ’n eie persoonlike tragedie met die wyer ellende van die oorlog. So word die oorloggegewe ’n vervlegting van intense menslike dramas, vergeefse liefde, verydelde drome en die verbryseling van menslikheid. Sentraal is die verhaal van Daantjie en Magrieta van Wyk, hy ’n Blinkstefaans en sy die allerpragtigste vrou. Hulle oorleef die oorlog, maar dan as verteenwoordigers van die uiterstes in die menslike aard wat deur die oorlog op die spits gedryf is. Ook die Engelse offisier Philip Brooks oorleef die oorlog, en deur hom kry hierdie droewige geskiedenis ’n nuwe relevansie. P.G. du Plessis se roman is een van die heel grootste werke oor die Anglo-Boereoorlog, maar dit is ook ’n werk wat in ’n hedendaagse idioom vrae vra oor hoe ons onthou, wat ons onthou en wat die implikasies is van vergeet.
R 302.63
Aflewering Ingesluit