As liefde ontwaak

ISBN: 9780624072911

Danielle Krause wil ’n speurroman skryf, maar haar suster span haar in as gratis kinderoppasser. Dit help ook nie dat hulle ’n huis deel nie. Dani het genoeg gehad en adverteer haar dienste as “instaanmammie” in ’n buurt waar sy wil bly, met die voorwaarde dat sy nie in die oggende aan diens moet wees nie.
Nooit het sy kon dink ryk wewenaar Meyer Senekal sou haar aanstel om met sy dogtertjie te help nie. Sal Meyer die dood van sy vrou kan verwerk en is daar plek in sy hart vir ’n nuwe liefde?
R 100.83
Aflewering Ingesluit