BOEK VAN ESTER, DIE

ISBN: 9780624046837

Alles wat Ester Green, ’n politieke fotojoernalis, geleer het en waarin sy geglo het, word in een aand omvergewerp toe haar ouers buite hul huis doodgeskiet word. Ester pak haar tasse en trek Londen toe, waar sy ‘n modefotograaf word. Sy verander haar klere, haar haarstyl en haar leefwyse en beplan om nie weer haar voete op die kontinent van Afrika te sit nie. Twee jaar nadat sy die land verlaat het, bevind sy haar egter terug in Suid-Afrika vir ‘n modeartikel wat in die Laeveld geskiet word. Hier ontmoet sy vir Samuel McGreggor, ‘n veearts en ekoloog. Samuel is onlosmaaklik deel van die kontinent en glo dat daar genoeg mense is wat ‘n verskil wil maak. Die pad wat Ester moet loop om by aanvaarding uit te kom, is ’n moeilike een. In die proses verklaar sy eers oorlog teen ‘n kontinent en sy mense, haar ouers en broer, en teen ‘n man wat nie wil aanvaar dat hy met ‘n verlore saak besig is nie. Maar Afrika se rooi grond word nie so maklik uit ‘n mens se skoene geskud nie.
R 337.94
Aflewering Ingesluit