KLASSIEK REEKS: KENNIS VAN DIE AAND

ISBN: 9780798142830

In Brink se werk self bly Kennis van die aand 'n hoogtepunt, en dit is verbasend hoe eietyds dit nog steeds aandoen. Teen die agtergrond van 'n lydensgeskiedenis wat oor twee eeue strek en 'n geskakeerde beeld van Suid-Afrika vandag, verloop die lewensverhaal van 'n talentvolle Kaapse bruinman Josef Malan wat stadigaan – veral in die ontplooiing van sy liefdesverhouding met die Britse meisie Jessica – vernietig word deur die spanninge, magte en werklikhede van sy samelewing, terwyl hy tog ook op 'n paradoksale manier oorwin.

R 428.73
Aflewering Ingesluit