1000 PUNTE-TOT-PRENTE-BOEK: DIERE

ISBN: 9780798173902

Onthou jy nog daardie punte-tot-prente-tekeninge van kleintyd? Herontdek vandag weer hierdie lekker. Verbind die punte, wat in groepe van honderd verdeel is, elk met ’n ander kleur, sodat jy maklik die volgende punt kan kry. Jy het ’n halfuur tot ’n uur per skets nodig asook 'n bietjie konsentrasie en geduld. Die eindresultaat: ’n diereprent wat jy met trots kan raam en jou boonop ure se pret verskaf het. Punte-tot-prente-tekeninge het duidelik hul kinderskoene ontgroei!
R 176.54
Aflewering Ingesluit