Agtergrond

Dit het als begin met boeklokprente.

 

Die uitgangspunt was om die nuutste Afrikaanse boeke op ‘n nuwe manier aan mense te bring. En so het ons begin met boeklokprente, wat soos filmlokprente, op ‘n visuele manier lesers 'n voorsmakie gee van wat tussen die blaaie van ‘n boek op hulle wag. 

 

Sedert 2011 het die Varsgedruk-span al meer as 350 boeklokprente vervaardig vir alles van liefdesverhale en kinderboeke, tot spanningsverhale, kookboeke en nog vele meer. 

 

Boeke is ons passie en ons wil met die Varsgedruk-aanlynboekwinkel dit so maklik en moeiteloos as moontlik maak vir lesers om die heel nuutste boeke in die hande te kry. 

 

Lekker lees met Varsgedruk.